Dit wil een wackere knip
Op onse buyren haer neus wesen, vermits dese plaetse altijt haer beste weyden sijn geweest, hebbende, sedert Sousoa hier geweest is, sigh…
Dit wil een wackere knip

Dit wil een wackere knip
Op onse buyren haer neus wesen, vermits dese plaetse altijt haer beste weyden sijn geweest, hebbende, sedert Sousoa hier geweest is, sigh niet een Caepman noch Saldanhars oft ymandt derven verthoonen, ende de Strantlopers (hier altijt omtrent woonende) oocq niet derven hun ergens bijvougen, sulcx het schijnt desen Sousoa al vrij ontsien moet wesen.
1In extenso, volgens die oorspronklike teks, maar nie volledig nie (April 1652 tot end 1658) in die Zuid-Afrikaansch Tijdschrift, jaargange 1824 tot 1840; in extenso, volgens die oorspronklike teks en volledig van Desember 1651 tot Mei 1662, deur wyle prof. W. G. Brill in Werken van het Historisch Genootschap van Utrecht, Nieuwe Serie, Nos. 39 (1884), 58 (1892), 59 (1893); ook ’n deels saamgevatte, deels vertaalde uitgawe in die Engelse taal deur wyle ds. H. C. V. Leibbrandt, onder die tietel van Van Riebeeck’s Journal, in die Precis of the Archives-serie, 3 dele, Kaapstad, 1897.
2’n Verkorte uitgawe in Engels van party daarvan vind ons in die reeds genoemde Precis of the Archives van ds. Leibbrandt, waar benewens Van Riebeeck se dagverhaal ook die joernaal van 1662–70 (1901), dié van 1671, 1674 en 1676 (1902) en dié van 1699–1732 in voorkom.
3Van Riebeeck was toe al byna drie weke aan die Kaap, maar het tot dan toe met sy famielie aan boord van die Drommedaris gebly. Die timmerhout was by vergissing onder in die skip gelaai, sodat dit ’n hele tyd geduur het voor ’n voorlopige houtloods kon opgetrek word vir die kommandeur en huisgesin om in te woon. (Sien dr. E. C. Godée-Molsbergen, Jan van Riebeeck, Amsterdam, 1912, bls. 82.)
4Johan Nieuhof in sy Zee- en lantreize door Oost-Indien (Amsterdam, 1682) verhaal ook hierdie anekdote en voeg daarby: „De Horen wort noch aen de Kaep in het fort bewaert en daer uit bijwijle de gesontheit gedronken.” (bls. 7).
5Luipaard, of tier.
6Rijckloff van Goens, die ouere, Ekstra-ordinaris Raad en later (1678) goewerneur-generaal van Indië.
7Die sieketrooster Willem Barentz. Wijlant.
8Die gewig van die ou-Hollandse pond was 494 gram as teenoor 453.6 gram vir’ n moderne Engelse pond.
9Iets groter as die Engelse voet; die Rynlandse of Suid-Hollandse voet = 0.314 meter, die Engelse voet = 0.305 meter.
10Reaal = ’n Spaanse silwermunt wat ook koers gehad het in die gebied van die O.I.K.; die waarde van hierdie reaal is gereken op 8 skellings of 48 stuiwers.
11Die Hoornwerk was ’n buitewerk by die ingang van die fort, wat uit twee halwe bastions of bolwerke bestaan het. Sien planne van Van Riebeeck se fort, blss. 90 en 122 van Godée-Molsbergen, Jan van Riebeeck.
12Hierdie slawe (166 in getal) was ’n maand tevore aan die Kaap aan land gesit deur die Kompanjieskip Amersfoort. Die bemanning het hulle buit gemaak op ’n Portugese slaweskip wat hulle op die kus van Angola ingeruil het. Dit was die eerste aansienlike klomp slawe wat aan die Kaan ingevoer is.
13Swaer van Van Riebeeck en opvolger van Wijlant, wat in 1656 na Batawië oorgeplaas is.
14Die Gorachouquas, of Tabakdiewe, soos die Hollanders hulle genoem het, (onder kaptein Choro) was saam met die Goringhaiquas, of Saldanhars, of Kaapmans (onder kaptein Gogosoa, „de vette kaptein”) die vernaamste Hottentot-stamme wat hulle in die onmiddellike omgewing van die Fort en in die Kaapse Skiereiland opgehou het. Daar was ook nog die Goringhaikonas, of Strandlopers, of Watermans, (onder „kaptein” Autohoemao, of Herry), maar hulle was maar ’n armoedige, onaansienlike klompie van omtrent vyftig siele. — Die besoek van Choro, hoof van die Gorachouquas, en van Soesoa, hoof van die Chainouquas, wat toe nog ten noorde van die Bergrivier rondgeswerf het, vind plaas ná die beëindiging van die eerste Hottentot-oorlog (1659–60) en die vredesluiting in April 1660.
15Lokje, of mokje = ’n bekertjie. Dapper (Naukeurige Beschryvinge der Afrikaensche Gewesten, Amsterdam, 1660, bls. 630) spreek in verband met hierdie episode van „een gansche Baly vol brandewijn met een houte kopje daar in.”
16Dapper (op. cit., t.a.p.) gee die volgende aanvullende besonderhede, wat aan skilderagtigheid vir dié van Van Riebeeck seker nie moet onderdoen nie: „Wanneer den mannen het hooft begon te draien en de benen te waggelen, dikwils met vallen ter neder op d’ aerde, wierden ’er omtrent twee of drie-hondert stukjes tabaks, elk van een duim breet, bij handen vol te grabbel gesmeten, waer op onder hen zulk een groot getier en geschreeu ontstont, datze het gehoor bijna verdoofden en het geluit den ooren naulix verdraghelijk was; desgelijx bedreven zij geen minder gewelt wanneer daer na het zelffte met broot gedaen wiert. Na het eindigen van al deze grabbelingen, ging het bij hen, wanneer zij gansch [96]vol gedronken, en de hersenen met den wijn bestoven waeren, geduurigh op een danzen en springen, met zonderlinge grepen en op een vreemde wijze, bijna even eens gelijk de bakkers hier te lande hun deegh met de voeten in den troch bewerken, te weten al stampend nu met d’ een en dan met d’ andere voet, met uitstekende billen en het hooft al hangende geduurigh na d’ aerde, op een zelve zijde. Geen minder vrolyckheit bedreven de vrouwen geduurende het dansen der mannen, met klappen in de handen en geduurigh een zang van ha, ho, ho, ho, wel twee uuren aen den anderen te zingen.
17Soesoa was toe al baie oud, en sy seun Goeboe het feitlik in sy plaas regeer.
18Die Chobona, of Choboqua, of Cabuners, ’n „swaerte natie” (Kaffers), wat veronderstel is die inwoners te wees van die fabelagtige ryk van Monomotapa „van waar de [98]Portugeesen in Mosambicque al haer gout crijgen” (Van Riebeeck se Dagverhaal, Deel 3, Uitg. Historisch Genootschap van Utrecht, №59, bls. 447). Ses weke later sal Van Riebeeck ’n landtog uitstuur onder adelbors Jan Danckaert (12 November 1660–20 Januarie 1661) met die spesiale opdrag om die pad na die goudland te verken en handelsbetrekkinge met die „Monomotapers” aan te knoop en also o.a. die Portugese die voet dwars te sit: „Ende is oocq ’t gevoelen vastelijcq, dat de natie vermits der Portugeese heerse regeringe, tot onsen vredigen ommegangh wel genegen gevonden sullen worden” (Van Riebeeck se Dagverhaal, t.a.p.). Die tog het op ’n totale mislukking uitgeloop; veel verder as die Olinfantsrivier het die reisigers nie gekom nie.
19Die Cochoquas, of die Rechte Saldanhars, soos die Dagverhaal hulle dikwels noem, het toe hulle krale gehad in die buurt van Saldanhabaai. Hulle was verdeel in twee groepe — die een onder die byna honderdjarige Oedasoa, [99]aan die benedeloop van die Bergrivier, en die ander onder Gonnema aan die Klein-Bergrivier. Oedasoa was kaptein oor die talrykste trop en is beskou as die „opperheer” oor al die Cochoquas. ↑ a b
20Hoepen = gladde ringe.
21’n Mingel, of mengel, ’n ou-Hollandse inhoudsmaet = 1.21 lieter.
22Vergaderplek.
Uit P. De Neyn se „Lust-Hof der Huwelyken.”
Heelwat minder bekend as Van Riebeeck se Dagverhaal en heel verskillend van aard is die Lust-Hof der Huwelyken van Meester Pieter de Neyn1. Dit het maar gedeeltelik betrekking op die Kaap; maar die enkele bladsye wat oor Suid-Afrikaanse toestande en gebeurtenisse handel, bevat besonderhede wat ons nòg in ander skrywers nòg in die bestuurlike stukke van sy tyd kan kry. So, b.v., sy uitvoerige beskrywing van die manier waarop die destydse Hottentotte gewoond was om ter dood veroordeeldes met stokke dood te slaan. Pieter de Neyn was die seun van Cornelis de Neyn, pensionaris van Alkmaar en raadsheer in die hof van Holland. Hy het gepromoveer in die regte; maar ná ’n kort praktyk as advokaat het hy, teen die sin van sy vader, besluit om sy vaderland te verlaat en sy geluk in die vreemde te gaan beproef. Op grond van sy regskundige kennis en ondervinding het hy die aanstelling verkry tot advokaat-fiskaal van die O.I.K. aan die Kaap. In [106]Februarie 1672 hier aangekom, het hy maar ’n paar jaar die fiskaalsamp uitgeoefen. In Oktober 1674 verlaat hy die Kaap op reis na Batawië, soos hy self sê ten minste, om aldaar promosie te gaan soek. Ook in Batawië het hy egter nie alte lank vertoef nie; want end 1675 keer hy met ’n gebroke gesondheid na Patria terug, volgens sommige, as ’n gevolg van sy losbandige lewenswyse. Hy self gee in die voorwoord ’n gans ander uitlegging van sy siekte (verhitheid en ’n koue bad in ’n rivier); maar die feit dat hy as fiskaal van die retoervloot afgesit word, „om syn gedeboucheert leven” en „onbequaam geoordeelt wert tselve ampt met fatsoen te becleden,”2 skyn wel die bewys te lewer dat sy beskuldigers nie alte ver van die waarheid was nie. Ook die inhoud en toon van sy gedigte, die Vrolycke Uyren, wat in die uitgawe van 1697 ’n vervolg vorm op sy Lusthof, en waarvan party taamlik grof en onkies is, kom hierdie vermoede nog versterk. Dit was ná sy aankoms in Holland dat hy vir tydkorting „iets geneuchelijks” onderneem het, nl. die saamstelling van ’n beskrywing van die huweliksgebruike van die verskillende volke van die wêreld. Dit is ’n louter kompilasie, getrek uit ’n massa van ander werke, veral reisbeskrywinge, en bevat dus maar min wat nuut en oorspronklik is. Alleen die dertien bladsye wat hy wy aan Kaapse aangeleenthede (nie slegs huweliksgebruike nie) berus op persoonlike kennis en [107]regstreekse informasie. Ongelukkig het hy net op sy geheue moet afgaan, want hy vertel ons dat op sy tuisreis sy joernaal en briewe soek geraak het; vandaar sekere onnoukeurighede, wat egter ruimskoots vergoed word deur sy lewendige manier van vertel en sy plastiese wyse van beskrywing.
메타데이터
- post_id
- 5aa3cd00345f
- slug
- dit-wil-een-wackere-knip-5aa3cd00345f
- url
- https://medium.com/@fixup516/dit-wil-een-wackere-knip-5aa3cd00345f
- canonical_url
- https://medium.com/@fixup516/dit-wil-een-wackere-knip-5aa3cd00345f
- author_url
- https://medium.com/@fixup516
- status
- ok
- fetched_at
- 2026-07-19 00:27:16