Jy Gaan Nie Glo Wat die Gesienin die Water Gesien het Nie
Hulle het daardie aand baie geëet; die meid was nie alleen met die jakkals se harslag tevrede nie, maar het haar maag eers met…
Jy Gaan Nie Glo Wat die Hamerkop in die Water Gesien het Nie

Jy Gaan Nie Glo Wat die Hamerkop in die Water Gesien het Nie
Hulle het daardie aand baie geëet; die meid was nie alleen met die jakkals se harslag tevrede nie, maar het haar maag eers met springbokvleis oorlaai en het toe vir haar verder aan haar lekkerny vergas. Bowendien het sy nog ’n bietjie ongesteld gevoel, so het sy vroeër as die ander onder [154]haar velle ingekruip. Die ander het ook nie lank versuim nie en het, versadig, haar voorbeeld kort daarop gevolg.
Toe alles rustig was en algar hardop snork, kry die meid ’n aaklige droom; en sy begin te skree of sy vermoor word. Die ander skrik wakker van haar geroep. „Hier is ’n leeu! Hy byt my! Help, help!” skree sy, en sy ruk haar kop onder die velle toe.
Dit word toe ’n gedoente — die mans is verwar, die kinders huil, en die meide druk hul koppe onder hulle karosse toe.
„Waar, waar is die leeu?” roep die mans.
„Hier by my! Toe kom help!” antwoord die meid.
Dis ’n kwessie van lewensgevaar; die mans gryp hulle boë en asgaaie en soek die danige leeu. Hulle vind niks nie: toe roep haar man uit: „O, ek weet wat dit is; dis die hart van die jakkals wat jou nou kom bangmaak!” En daar was ’n gelag van die ander wêreld. Almal is nugter wakker, en hul begin weer te braai.
Die meid was ’n bietjie skaam, en om die saak reg te plooi merk sy op: „Wag, julle sal sien dat hierdie droom, wat my kom waarsku het, nie pure verniet is nie.”
„Aag, bog,” roep haar man uit, „drome lieg!” (want Boesmans heg nie so baie waarde aan drome nie, daar hul so baie keer bedroë daarmee uitgekom het). Ná hulle weer geëet het, gaan hul weer inkruip en slaap. Skemerdag was die klomp almal wakker en braai toe die vleis wat nog oorgeskiet het; want die dag om weer te gaan jag, breek aan.[155]
Onder die eet sit die man van die meid meteens doodstil en sonder om ’n woord te praat; hy dink diep ná hy sy mondvol vleis haastig ingesluk het.
Algar merk dit en sit hom verwonderd aan te kyk, sonder om te vra wat dit beteken. Hy onderbreek die stilte en sê: „Ek voel my vleis op my rug kriewel; dit beteken dat ’n gensbok hier naby sy rug met sy horing krap. Ek voel nou die gekriewel van agter my nek af tot in die waai van my bene; dit beteken dat ons gensbokke gaan skiet en huis-toe dra, want dis hulle bloed wat agter my rug aftap.” Hy kyk op na die kinders en sê: „Toe kinders, loop koes-koes en klim daardie koppie uit en kyk of jul nie wild gewaar nie. Maak gou en kom vir ons dadelik sê.”
Sonder om ’n oomblik te wag spring die kinders weg, buk-buk deur die bossies; haastig, dog onopgemerk, beklim hul die koppie en saai hulle oë oor die omliggende veld. Meteens fluister een van die kinders: „Mintig, kyk hier vlak voor ons onder die koppie wei ’n klompie gensbokke!” Saggies hol hul terug en kom dit aan hulle ouers vertel.
Die son wou net uitkom.
Die mans gryp hulle boë en pylkokers; hul kyk na die koers van die wind om juis te weet op watter plek langs die koppie hul die wild moet gaan voorlê. Duik-duik hol hul soontoe. Elkeen vat daar vir hom ’n wegkruipplek; en die man wat die krieweling agter sy rug gevoel het, steek hom agter die stam van ’n dik boom weg, en hy loer.
Goeie genugtig, wat sal hy sien! Kort voor hom lê ’n knewel van ’n leeu, wat ook die gensbokke voorlê. Die Boesman werp ’n blik teen die boomstam op om te sien of [156]daar maklik opklimplek is. Toe hy daarvan oortuig was dat hy sonder om te sukkel die boom kan in vlug, rig hy weer sy oë op die leeu, wat die Boesmans nog nie gewaar het nie; want die leeu se aandag was te onverdeeld op die gensbokke bepaal. Ook die wild het die wind aan hulle sy en merk nog geen onraad nie.
Wat nou gedoen? Stil lê is die veiligste vir die Boesman.
Die bokke wei nader en nader. Die leeu ag dit sy tyd om sy dodelike spring te maak. Hy raap hom op, en daar het hy ’n groot gensbok. Die ander bokke skrik, en hulle kom so naby die ander jagters dat elkeen ’n raakskot kry; net die een in die boom skiet nie. Toe eers gewaar die leeu die Boesmans, en die ander Boesmans gewaar ook vir hom. By hierdie tyd sit die een Boesman al in die boom en roep aan sy maats uit om ook in bome te klim, want hy sal ’n geraas maak dat die leeu hom in die oog moet hou.
Die leeu staan by sy bok wat hy gevang het, kyk na die een in die boom en waai sy stert. Af en toe werp hy dwars blikke om die doen en late van die ander jagters gade te slaan.
Dog hy was onder pylskot van die boom. Die pyl vlie en tref die leeu in die week van sy kruis — en dit is oorgenoeg!
So het die boomklimmer ’n gensbok en ’n leeu met een pylskot.[159]
[Inhoud]
№46.
Die Hamerkopvoël en die Swaweltjies.
OPMERKINGS: — Hierdie storie is aan my in 1885 deur ’n Transvaalse Boesman vertel.
Die hamerkopvoël weet van meer dinge as ons van weet. Diegene wat verstand het, verstaan wat hy vertel; maar dié wat nie verstand besit nie, weet ook nie om hom te verstaan nie. Hy bou sy huis bo-op ’n oorhangklip van ’n steil klipkrans wat by ’n gat water is. Sy nes maak hy van stokke en gras, en dit is so groot dat dit ’n halwe wa-vrag hout is. Die deur van sy huis maak hy op die randjie van die oorhangklip, sodat hy maklik na onder in die gat water kan kyk.
In die water sien hy die gedaante van bome, berge wolke, van die son, maan en sterre. En hy verstaan alles wat dié goeters vir hom kom vertel. Hy gaan dan die tyding aan die betrokke mense vertel; want hy bly nie stil as hy iets weet nie.
Die swaweltjies (kransswaweltjies) maak weer hulle huisies onder die oorhangklip. Die nessies lyk soos die maan, waarvan die twee horings na bo staan. Die kransswaweltjies bou hulle huisies van klei op ’n hoop en maak nie tuite vir deurtjies soos die huisswaweltjies nie. Daarom [160]lyk hulle nessies in vorm nes die afsterwende maan; want Hamerkop het hul gesê om dit so te bou.
Nou, die maan, as hy ’n bak na boontoe maak, dra die lyke van mense wat net gesterwe het. En die swaweltjies is gestorwe kindertjies wat weer lewendig geword het. As die maan weer half word, dan verdwyn die holte, en dan is daar nie meer plek vir die kindertjies nie; so val hul uit die lug en word dan swaweltjies. Hamerkop gaan hul dan haal en bring hul na die nessies wat net soos die gehoringde maan lyk. Ja, hy leer hul selfs om so ’n patroon van nessie te maak; en die swaweltjies hou net baie daarvan.
Hamerkop het die swaweltjies aan Son gegee. As dit winter word en Son trek noordwaarts weg, dan roep hy sy kindertjies om saam te gaan waar hy lekker gaan skyn en waar hulle by ’n ander Hamerkop kan gaan woon. Op hulle reis deur die lug soontoe, en met hulle terugreis hiernatoe, sien en gewaar hul baie dingetjies. Dit alles gaan hul aan Hamerkop vertel. Hy sit dan mooi na hulle tierelier te luister, en dit maak hom ook nog slimmer.
Een aand toe dit donker word, kyk Hamerkop meteens voor hom uit sy nes op die water (want die bek van sy nes gaan skuins van onder in). Hy sien in die water dat ’n groot moordbende van lang swart mense in aantog is. Hy vlie dadelik uit en roep vir Uil, wat ook daar naby sy huis in dieselfde krans het, en sê dat hulle twee die Boesmans moet gaan waarsku dat hulle lewe in gevaar is.
Die twee vlie toe weg en kom by die eerste en verste Boesmans hulle kraaltjie aan. Hamerkop vlie heen en [161]weer in die skemer oor die hutte en maak sy skril geluid keer op keer. Uil gaan in ’n boom sit en sit daar te hoe-hoe. Dog dit was dom Boesmans wat nie verstaan nie; hulle klap op hulle hande om vir Hamerkop weg te ja, en die kinders neem klippe en gooi Uil daarmee. Die gevolg was: albei, Hamerkop en Uil, vlie bedroef weg.
메타데이터
- post_id
- 8fc3c46fb487
- slug
- jy-gaan-nie-glo-wat-die-gesienin-die-water-gesien-het-nie-8fc3c46fb487
- url
- https://medium.com/@abnormal96444/jy-gaan-nie-glo-wat-die-gesienin-die-water-gesien-het-nie-8fc3c46fb487
- canonical_url
- https://medium.com/@abnormal96444/jy-gaan-nie-glo-wat-die-gesienin-die-water-gesien-het-nie-8fc3c46fb487
- author_url
- https://medium.com/@abnormal96444
- status
- ok
- fetched_at
- 2026-06-25 12:15:08