Wat Wolke Regtig Is
Hulle twee kom toe terug en gaan by die twede Boesman-kraaltjie aan, en hulle maak net soos hul by die eerste kraaltjie gemaak het. Ook…
Wat Wolke Regtig Is

Wat Wolke Regtig Is
Hulle twee kom toe terug en gaan by die twede Boesman-kraaltjie aan, en hulle maak net soos hul by die eerste kraaltjie gemaak het. Ook hier begin hul die twee weg te ja; maar daar was ’n stokou Boesman, wat slim is en dinge verstaan. Hy roep uit dat die ander nie so moet maak nie. Hulle hou dadelik op en hol na die ou man toe om te hoor wat hy te sê het; want algar het hom as baie verstandig beskou.
Hy antwoord toe: „Arrie, waarom doen julle sulke dinge? Hoor jul nie dat die twee voëls ons kom waarsku nie? Wag, stil, laat ek eers hoor wat hulle te sê het.”
Ná die voëls hulle waarskuwing uitgespreek het, vlie hul weg; en toe vertel die ou man dat die twee kom vertel dat ’n moordbende Kaffers in aantog is en dat die statjie se volk gereed moet wees.
Die anderdagoggend toe die swaweltjies uit hulle nessies vlie, roep Hamerkop hulle en sê dat hul in die water moet kyk, dan sal hul ’n moordbende Kaffers in die verte sien aankom. Die Kaffers sal vanaand ’n kraal van die Boesmans aanval, dan sal hul weer baie kinders vermoor, sodat die swaweltjies weer ’n klomp boeties en sussies sal bykry.[162]
Die swaweltjies treur toe oor die slegte tyding; want hulle self was net so deur ander vermoor of deur siekte omgekom. Hulle sweef toe laag oor die water om daarin te kyk om te sien wat in die verte aangaan. Daardie dag egter het stil verbygaan; al wat hul in die water gesien het, is hoe die lang swart mense in aantog is.
Daardie aand verskiet daar baie sterretjies. Die swaweltjies kan uit hulle huisies op die water sien hoe die sterre heen en weer verskiet. Sommige word benoud en dink dis die swartes wat so met vuur rondsmyt. Dog Hamerkop kom uit en kyk hoe die sterre in die lug nes vuurstompe rondvlie. Hy roep uit: „Nou moor die groot swartes die klein bruinetjies uit. Ek kan sien, dis by die eerste en verste kraal waar Uil en ek gisteraand was. Hulle daar wou mos nie vir ons glo nie.”
Hy kyk gedurig in die water en in die lug. Later in die nag begin weer enige sterre met langer sterte te verskiet. Die swaweltjies word toe weer vir die skietligte bevrees en begin weer te woel.
Maar Hamerkop sê: „Wees julle maar gerus; die groot swartes maak nou die aanval by die twede en naaste kraaltjie, waar Uil en ek gisteraand was; die Boesmans sit daar gewapen in ’n kliprandjie en skiet die groot swartes by hope dood — ek kan in die water sien hoe hul omrol.”
Maan was net by hierdie tyd weer bak na bo. Die dooies lê weer in die holte; maar ná enige dae was die hol plek gelyk toegegroei (eerste kwartier), toe val die liggame van Maan af; en toe Son uitkom, stuur hy die bruin kindertjies van die Boesmans lewendig na Hamerkop toe. [163]Hulle word swaweltjies en word ewe lief deur die ander boeties en sussies verwelkom. Dadelik begin hul naas die ander vir hulle halfmaannessies bou, sonder dat die ander swaweltjies hulle belet.
Vir die groot swart Kaffers het die Son in swart kraaie verander — die soort kraaie wat so in die mielielande kan pla; want Kaffers leef mos van mieliepap. Net soos die Kaffers kan hard praat en raas, net so ’n rumoer skop daardie swart voëls op. Daarom wou Hamerkop vir hulle nie by hom in die krans hê nie. So het die swartgoed getrek en woon weer waar hul vandaan gekom het, en pla daar tot vandag toe nog straf in die mielielande; terwyl Hamerkop en die kindertjies van Son, die swaweltjies, tot vandag toe nog in kranse saam in liefde woon.[167]
[Inhoud]
№47.
Die Wolke.
OPMERKINGS: — Hierdie storie is ’n blote beskouing oor wolke en wat enkele wolke beteken — natuurlik ’n Boesman se opvatting.
Wolke! Wat vir goed is dit? Algar die wolke is nie van een soort nie. Daar is wolke wat reën uitgiet, en daar is van hulle wat droog is en nie water bevat nie. Dan is daar donderwolke, wat water, vuur en swareweer-stene bevat; en daar is wat net hare, vere en wind bevat. So is algar die wolke glad nie eners nie.
Die wind is die asem van al die goed wat lewe. So is die stormwinde die asem van Grootvoël, wat in ’n gat in die berge woon, wat hom in wolke kan wegsteek en wat dan na die see vlie om reën te gaan haal. Dan kom hy met groot gedruis in die wolke; hy blaas met sy bek en klap met sy vlerke sonder om uit die wolk te voorskyn te kom. Daarom waai daar altyd ’n windjie as ’n wolk oor ons koppe heensweef.
As iemand sterf, dan word sy hare wolke. As ’n voël sterf, word sy vere ook wolke. Maar hierdie soort wolke gee nie rëen nie; want hulle is net hare en vere, wat nie water [168]bevat nie; daarom kom hul en verdwyn sonder om ’n druppel te laat val. Want hulle is hare en vere wat somar maklik deur die asem van Grootvoël verjaag word.
As iemand gesterwe het, dan staan sy spore nog vars in die sand asof die persoon nog leef; maar hy is dood. Sy asem, wat sy wind is, het klaar uitgewaai, sy hart het omgekantel en kan nie meer roer nie. Daarom kom die stormwind en waai die spore van die afgestorwe persoon gelyk met sand. Want waarom moet sy spore nog daar in die sand bly as hy reeds dood is? Is die spore in klei sigbaar sodat die wind die klei nie kan stukkend breek nie, dan giet die wolke ’n stortbui uit en wis die spore uit. Want hy vra ook: as ’n persoon dood is, waarom moet sy spore nog lewe?
As die een se lyk op die aarde dood lê, dan kom die wind en maak ’n sterk warrelwind; en dié vat die lyk op — al is hy onder die grond begrawe — en bring dit na die hol bak wat tussen die twee opstaande horings van die nuwe maan is, en hy plaas die lyk saggies daarin neer. Daarom is dit dat die Boesmans ’n lyk in ’n sittende posiesie begrawe: hy moet te enige tyd gereed wees om op te staan.
Voor die Dood in die wêreld deur die Haas gekom het, het die mense en diere maar geslaap tot dit nuwemaan geword het; hulle het dan weer nes die maan lewendig geword. Maar nou moet hul lank in hulle grafte sit eer hul weer eendag sal lewendig word. Dan kom die persoon se wolk neer en dwaal nes ’n swaar mistige weer oor die graf om die opstandelinge te bedek, sodat die ander nie kan sien dat die dooie weer lewendig geword het nie. Die hare, [169]of vere, van die wolk kom weer op daardie een se lyf groei; sy wind gaan weer in hom; en die een stap rond asof hy nooit dood gewees het nie.
As ’n ongedierte iemand verskeur en opgeëet het, dan bring die mistige weer al die dele van sy liggaam bymekaar; die dele word klam en nat en groei weer aan mekaar vas, net soos die persoon of ding tevore gewees het.
So moet ons die wolke respekteer en eerbied vir hulle betoon. Doen ons dit nie, dan bring hul nie vir ons reën nie, dan kom hul nie om ons klam te maak en op te wek nie. Die berge en rotse het die wind en wolke nie gerespekteer nie, maar het hul verwens en uitgeskel toe die storms so baie stof en water op hul uitgegiet het. Daarom sal hulle nooit weer lewendig word nie; maar vir altyd slaap, slaap en slaap.
Grootvoël maak wind wat stofwolke op die aarde voortjaag; hy maak droë wolke bo in die lug en laat die mistige weer tot op die grond kom. Toe die rotse gelewe en gejag het, was die mistige weer toegetrek, en die stof het in hulle oë gewaai, sodat hul die wild nie kan raaksien of skiet nie. Daarom het hul die wolke en wind verwens; en dis daarom dat hul nooit weer sal wakker word nie, maar vir altyd dood bly.
En die ding het so gebeur: —
Die rotse was eers Boesmans van die ou geslag. Hulle was baie; en misskiet? — soiets het hul glad nie geken nie. Hulle het altyd om hierdie rede baie kos gekry, sodat hul spekvet geword het. Daarom kon hul later nie meer agter [170]wild hardloop nie. Die enigste plan vir hulle was toe om onderkant of dwars teen die wind die wild te gaan voorlê.
메타데이터
- post_id
- fb89dcfe6908
- slug
- wat-wolke-regtig-is-fb89dcfe6908
- url
- https://medium.com/@abnormal96444/wat-wolke-regtig-is-fb89dcfe6908
- canonical_url
- https://medium.com/@abnormal96444/wat-wolke-regtig-is-fb89dcfe6908
- author_url
- https://medium.com/@abnormal96444
- status
- ok
- fetched_at
- 2026-06-25 07:00:49